MapMap 2 River MTB Race Map Home Page Home Page Map 2 River MTB Race 2 River Trail Run Home Page Media Partner


 

 

About Us



2RIVIERE FEES:  16,17,18 SEPTEMBER 2016

Nog ʼn jaar is verby en dis al weer tyd vir die jaarlikse  2Riviere 1Fees.  Die fokus van die fees het ‘n bietjie verskuif en daarom het ons ook die vrymoedigheid om dit onder u aandag te bring.

Huis Maranata, die twee kinderhuise, asook die  sopkombuis en die bybelkiosk verkeer tans onder finansiele druk en daarom het ons besluit om die totale inkomste van die fees aan bogenoemde instansies te skenk.

Ons fees begin Vrydag, die 16de met ‘n lekker steak-ete vir slegs R80. Ons gaan saam kuier met lekker musiek en goeie geselskap. U word almal uitgenooi na die geleentheid en etekaartjies kan by die kerk kantore verkry word.

Saterdag se program is propvol opwinding en sluit in bergfietswedrenne, veldwedlope, perde pretrit, gemengde netbal,Gaskunstenaars van formaat, kosstalletjies met heerlike eet- en drinkgoed, ‘n potjiekos kompetisie, kindervermaak en dan natuurlik die Western Games perde vertoning.

Kom geniet die dag saam met ons en ondersteun ons asb in hierdie liefdadigheids projek.

 

 

Website designed by I.Bekker   
Map 2 River MTB Race 2 River Trail RunHome Page